Home

Rooms & Rates

Entertainment

Guest Comments

Contact Us

Gallery Realtime online booking
     

Guest Comments

   

Baie baie dankie!  Dit was 'n ongelooflike ervaring vir ons groep!  Het die lekker warm eetkamers en sitkamer baie geniet met die besonderse AGA boiler in werking!!  Ontbyt was uit die boonste rakke!

 

Ons kamers was lekker warm met die verwarmers en elektriesekomberste 'n besonderse bederf! Julle beddens en beddegoed is uitstekende luuksheid!

 

Besoek julle beslis weer volgende jaar gedurende Julie maand! Ons groep het ook die privaatheid baie geniet met ons gesellige kuiers saans in die onthaalarea met die kaggelvuur en kersie likeur!

 

Privaatheid met eienaars wat nie op die perseel woon nie het baie waarde - alhoewel ons hartlik verwelkom is en baie tuis gevoel het met al die inligting van die omgewing wat vir ons voorsien is!
Van den Heever gesinne - Mosselbaai!


Baie dankie vir jul gasvryheid! Dit voel soos die huis by julle!  Doen so voort - dit was heerlik.
Stephan van Heerden, Rulof Jordaan


Spesiale dame, spesiale gastehuis.  Puik diens en ontbyt.  Baie dankie Japie en Marinda Oosthuizen. Baie dankie vir die lekker ontspannende aandjie en middag wat ons hier kon deurbring in jul gasvryheid.

 

Ons het sommer stukke beter gevoel.  Gaan beslis weer kom kuier.  (Sorg asb vir meer kersie likeurtjies saam met die krieket :)

Marlene, Lizi-Marie en Marcques


Baie dankie, Baie lekker gekuier.  Ontbyt was groot bederf!

Hertzog en Lizette


Sal beslis weer kom!  Dit was fantasties!! Die kos was heerlik en dankie vir jul gasvryheid! Elsie en Eddie, Otto en Emma, Louis en Anneke


Woorde is daar nie om u te beskryf nie.  Julle is fantasties!  Baie baie dankie vir alles.

Liefde Annie en Anton Knoetze


Thank you for the wonderful reception, the awesome company and a peaceful nights rest!! Breakfast was delicious.

The Jacksons!


Thank you for comfortable stan and delicious breakfast!

James and Joan Alty


What a beautiful gem of a place.  Enjoyed your hospitality and will definitely recommend it to others. Baie dankie vir al die moeite!  Ons het dir regig baie waardeer.  Dit was 'n heerlike aand en wonderlike ontbyt.  Ons waardeer dit regtig baie

Evans familie


Wat 'n voorreg om in 'n huis van 107 jaar te mag oorbly!  Die mooiste vloere en karakter!  Dankie vir al die stories. Mag u gesin en Gewelhuis die seen van die fleur geniet!  (Jare laas wat ons in 'n pastorie of 'n dokter se spreekkamer geslaap het!)

Dr Lizette van der Merwe


Baie dankie vir 'n wonderlike verblyf!! Die ontvangs was baie vriendelik en ons het dadelik tuis gevoel  Die ontbyt was heerlik en Gewel Gastehuis sal verseker aanbeveel word.

Steven en Daleen van Rensburg


Baie dankie vir 'n baie aangename oornag, skoon en vriendelik en 'n aangename ontbyt.  Waardeer baie.

Cora en Nick


Thanks for the good company, good accommodation and very good food.  We really onjoyed ourselves.

Derek Airey and group


I must say that I really enjoyed my stay here.  I have posted information about you on my facebook page.  The food was wonderful and we enjoyed the conversations that we had.

 

Thank your for helping us plan our journey and for leaving the lights on after our late night out.  Both you and your husband are very warm people.  Thanks for the wonderfull breakfast!!!!

Thanks Naomi -  US


Copyright: Gewelgastehuis 2016

Designed and maintained by : Elene Carpenter - Designdynamics

http://www.designdynamics.co.za